Buchner, Christie Mare

 

Gebore

01 Febr. 1940

OORLEDE

21 Febr. 1991

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1964

ORDEN

1965

STANDPLASE

1965 Coligny

1968 NGKA Zastron

NGKA Prieska

NGKA Viljoenskroon

1974 NGKA Philidelphia, Groblersdal

EMIRITEER

Ds. Buchner het sy studies in 1964 voltooi en is in 1965 in die gemeente Coligny georden. In 1967 is by na die Buitelandse Sending in Malawi. In 1968 aanvaar hy ‘n beroep na die gemeente Zastron van die NG Kerk in Afrika. Daarna bedien by ook die gemeentes Prieska en Viljoenskroon om uiteindelik die leraar van die Sendingstasie Philadelphia in Oos-Transvaal word, waar by vanaf 13 Oktober 1974 tot sy dood arbei. Hy was ‘n ernstige prediker, wat gedurig gewys het op Christus wat die Weg, die Waarheid en die Lewe is. Hy was baie geliefd by sy gemeentelede en het die swartmense onder wie by gearbei het, baie goed verstaan. Ds. Buchner, wat twee keer getroud was, het twee seuns by sy eerste vrou gehad en is later weer getroud met Elizabeth Susan Fourie by wie by een kind gehad het. Hy was ‘n liefdevolle en voorbeeldige vader. Hy het ‘n geruime tyd hartprobleme gehad en is oorlede op die Sendingstasie Philadelphia naby Groblersdal. (Jaarboek 1992/288).