Bruwer, Willem Schalk

 

Gebore

1887

OORLEDE

29 Aug. 1970

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1914

ORDEN

1915

STANDPLASE

1915 Middelburg, Tvl.

1946 Emeritus

1951 Middelburg, Tvl.;

EMIRITEER

1955

Ds. Willem Schalk Bruwer het in 1915 in die gemeente Middelburg, Tvl., in diens van die sending getree, en het daar gearbei tot met die aanvaarding van sy emeritaat in 1946. Toe het hy gaan boer, maar in 1951 is hy weer na Middelburg beroep waar hy verder gearbei het totdat hy in 1955 finaal afgetree het. Vir twee termyne is hy tot Actuarius van die N.G. Sendingsinode van Transvaal gekies: ook was hy etlike jare as lid van die Federale Sendingraad. Op die gebied van die onderwys het hy op Middelburg groot dienste gelewer. Na die aanvaarding van sy emeritaat het hy senator geword en dit tot 1965 gebly. Hy is op 29 Augustus 1970 in die ouderdom van 83 jaar oorlede. (Jaarboek 1971/484).