
Gebore
27 Jul. 1866
OORLEDE
13 Mei 1947
UNIVERSITEIT
B.A.; M.A.; B.D. (US)
gelegitimeer
1894
ORDEN
1895
STANDPLASE
1895 Jansenville
1899 Drieankerbaai
1911 demissie
Prof. Universiteit Stellenbosch
EMIRITEER
–
Professor Nicolaas Johannes Brümmer is op 27 Julie 1866 in die distrik Dordrecht gebore, maar het in die distrik Barkly-Oos opgegroei. In 1885 is hy na Stellenbosch vir verdere studie waar hy sy eksamens met lof afgelê het. Vir sy B.A.-graad was hy eerste op die lys in Suid-Afrika. Sy M.A.-graad het hy tydens sy Kweekskooljare verwerf. In 1894 is hy na Skotland en Duitsland waar hy sielkunde, Hebreeus en filosofie bestudeer het. In 1895 is hy as predikant in Jansenville bevestig. Hier het hy besondere belangstelling getoon vir die opheffing van die armes. In sy tweede gemeente, Drieankerbaai wat hy tot 1911 bedien het, het hy veel aandag gewy aan die opvoeding. In 1911 het hy professor in filosofie te Stellenbosch geword. As prediker het hy uitgeblink deur die helderheid, die logiese gang van sy voorstelling en die eenvoudigheid wat sy behandeling gekenmerk het. Hy was ‘n begaafde skrywer en hoewel ‘n diep denker kon die eenvoudigste sy artikels begryp en geniet. Hy sal veral as Professor onthou word want sy invloed op die studente, veral wat die geloofslewe betref, kan moeilik oorskat word. Met sy heengaan op 13 Mei 1947 het ons volk een van sy groot seuns verloor. (Jaarboek 1948).