Gebore
27 Jun. 1940
OORLEDE
21 Jul. 2002
UNIVERSITEIT
BA; BTh; Lis Teol. (US)
gelegitimeer
1982
ORDEN
1983
STANDPLASE
1983 Noord-Zoeloeland
1983 NGK Drakensberg-Vallei
1988 Potchefstroom-Oos
EMIRITEER
1996
Joseph Willem Brooks is op 27 Junie 1940 by Albert Falls in Natal gebore. Sy vader was Johannes Zacharias Brooks, ‘n laboratoriumtegnikus in ‘n veeartskantoor. Sy moeder was Ivy Bird, ‘n huisvrou wat haar gesin met liefde versorg het. Joseph het in die distrik Dundee grootgeword en sy lewe lank ‘n sagte plekkie vir KwaZulu-Natal gehad.
Joseph het sy skoolopleiding in 1947 aan die Laerskool Hattingspruit begin en was ook in die laerskole Elandslaagte (1949-1950) en Glencoe (1945-1953); Nadat hy in 1954 ‘n leerling aan die Harskool Glencoe geword het, het hy in rugby, atletiek en swem uitgeblink en erekleure in al drie sportsoorte verwerf. In 1956 het hy die skool verlaat om by die Suid-Afrikaanse Polisie aan te sluit, en tien jaar later het hy matriek met selfstudie voltooi.
Die Here het die polisiekaptein vir sy diens geroep en in 1976 het hy, as 36-jarige, na Stellenbosch vertrek om predikant te word. Hy het die graad BA (Admissie) behaal en is toegelaat tot die Fakulteit Teologie in die Eikestad. Dit was vier besondere jare aan die Kweekskool, waar hy die BTh-graad en Lisensiaat in Teologie behaal het. Op 19 November 1982 is hy as proponent gelegitimeer. Hy het in die Kweekskoolkoor van prof Gawie en was van 1981-1982 in die studenteraad van die Fakulteit Teologie.
Hierna is hy beroep en in Januarie 1983 is hy met handoplegging ontvang en bevestig as sendeling en dosent aan die Stofberg-Teologiese skool op Dingaanstat. Kort hiema is hy na die NG Gemeente Drakensberg-Vallei in Newcastle beroep, waar hy op 27 Mei 1983 ontvang en bevestig is. Hier het hy wonderlike werk gedoen en was hy betrokke by die bou van ‘n nuwe kerkgebou. Daarna het ds. Joseph Brooks ‘n beroep na Potchefstroom aanvaar.
Die mense van Drakensberg-Vallei skryf oor hom: “Hy was ‘n baie goeie prediker. In hulle huis was daar baie liefde en ‘n mens het altyd welkom gevoel by hulle. Hulle was altyd baie behulpsaam en het niks ontsien om iemand te help nie. Hulle het ‘n baie sagte plekkie vir kinders. Die Brooks-gesin kon ook baie mooi sing en was baie lief vir musiek. Ds. Joseph het ‘n baie goeie humorsin gehad en kon ook baie keer onnutsig wees. Hy was ‘n WP-ondersteuner en kon menige ouderling en diaken se siel uittrek na ‘n rugbywedstryd. Hy het graag denims gedra en met die sinodesitting waar daar oor die ampsdrag van die predikante en kerkrade gepraat is, het hy tot groot konsternasie onder sy medeleraars gedreig om die volgende sitting in sy denimbroek by te woon.”
Na ‘n besondere dienstyd het hy op 1 Augustus1988 sy emeritaat om gesondheidsredes aanvaar en die gesin het hulle aanvanklik in 1989 op Bothaville in die Vrystaat gevestig, en in 1996 op Margate aan die Natalse Suidkus. Hier is hy op 21 Julie 2002 oorlede. – Dr Gerdrie van der Merwe VDM. (Jaarboek 2013/390).