Broodryk, Thomas Arnoldus

 

Gebore

23 Aug. 1892

OORLEDE

17 Aug. 1932

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1920

ORDEN

1921

STANDPLASE

1921 La Rochelle

EMIRITEER

Ds. Thomas Arnoldus Broodryk is 23 Augustus 1892 gebore. Hy het sy teologiese opleiding op Stellenbosch ontvang, is aan die einde van 1920 tot die bediening toegelaat en op 28 Oktober 1921 georden en as herder en leraar van die gemeente La Rochelle in Johannesburg bevestig. Hierdie gemeente, wat onder leiding aangegroei het tot een van die belangrikste en grootste gemeentes in die Transvaalse Kerk, het hy met toegewydheid en bekwaamheid bearbei tot aan sy onverwagte en diepbetreurde afsterwe op 17 Augustus 1932. (Jaarboek 1932).