Britz, Barend Johannes Marthinus

Ds BJM Britz

Gebore

16 Jul. 1903

OORLEDE

4 Nov. 1970

UNIVERSITEIT

BA, BTh

gelegitimeer

1934

ORDEN

1936

STANDPLASE

1936 Vergenoeg

1944 Koedoesrand

1947 Dullstroom

1960 Outeniekwaland

EMIRITEER

1970

Ds. Barend Johannes Marthinus Britz is op 16 Julie 1903 gebore en in 1934 gelegitimeer. Vanaf 1936 doen hy agt jaar lank as leraar van die gemeente Vergenoeg baanbrekerswerk onder ons volksgenote in die verre Oos-Afrika. Tydens sy bediening daar is die Voortrekker eeufees gevier en kon ons mense in samewerking met die twee susterkerke die Voortrekker gedenksaal buitekant Eldoret bou. In Wêreldoorlog II het hy ook as veldprediker groot dienste aan die besoekende Suid-Afrikaanse troepe bewys. In 1944 word hy Koedoesrand se eerste vaste leraar en vanaf 1947 staan hy in Dullstroom, totdat hy in 1960 na die gemeente Outeniqualand vertrek. Daar aanvaar hy begin Augustus 1970 sy emeritaat, maar sy rustyd was van korte duur, aangesien hy op 4 November 1970 sy ewige rus ingegaan het. (Jaarboek 1972/537).