Brink, Adriaan Jacobus

 

Gebore

17 Aug. 1885

OORLEDE

12 Febr. 1957

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1911

ORDEN

1916

STANDPLASE

Soedan

EMIRITEER

1954

Eerw. Adriaan Jacobus Brink is op 17 Augustus1885 op Wellington gebore. In 1912 is hy as sendeling na die Soedan, waar hy byna 42 jaar lank gearbei het. Van 1937 tot sy aftrede in 1954 was hy hoof van daardie sendingveld, waar hy ook diep spore getrap het. Hy het die vertroue van die regering in Nigerië weggedra; hy het die agting en liefde geniet van almal wat hom geken het, selfs tot ver buite die grense van Tiv-land. Bo alles was hy ‘n ernstige sielsoeker. “Hy wou die Tiv-volk aan die voete van sy Here Jesus sien sit. Hy het geglo in die krag van die evangelie tot saligheid ook vir die Tiv-volk. Hy was as ‘n sendeling met ʼn boodskap.” Op 12 Februarie 1957 is hy skielik op Wellington oorlede. (Jaarboek 1958).