Gebore
29 Nov. 1904
OORLEDE
25 Jan. 1978
UNIVERSITEIT
US
gelegitimeer
1935
ORDEN
1944
STANDPLASE
Bredasdorp (Hpr.)
Dordrecht (Hpr.)
25 Mrt. 1944 Du Plessis
Maart 1947 Vanwyksvlei
EMIRITEER
1974
Ds Johannes Albertus (Jan) Brink (29.11.1904 – 25.1.1978) het sy teologiese opleiding op Stellenbosch ontvang en is einde 1935 gelegitimeer. Nadat hy in Bredasdorp en daarna sewe maande in Dordrecht as hulpleraar werksaam was, gaan hy na sy eerste vaste gemeente, Duplessis in die Transkei, waar hy 25.3.1944 bevestig word en nagenoeg drie jaar arbei. Maart 1947 word hy leraar van Vanwyksvlei en daar aanvaar hy Januarie 1974 sy emeritaat. Gedurende die laaste drie jaar van sy dienstyd behartig hy ook die sendinggemeente aldaar. Hy vestig hom op Franschhoek en sterf in die Tygerberg-Hospitaal na ‘n siekbed van drie weke. Met beskeidenheid en in stilte het hy gewerk solank dit dag was en die ewigheid sal ook in sy geval toon hoeveel vrug daar op die arbeid was. Sy kinderlike eenvoud en minsame geaardheid maak hom ‘n geliefde figuur en daarby was hy ‘n baie lojale kollega – iemand wat graag die goeie en die mooie in andere se lewe en werk raakgesien en sy waardering daarvoor betuig het. Die agting en toegeneëntheid waarmee sy ou gemeentelede hom bejeën het, spreek duidelik daaruit dat hulle ook na sy aftrede steeds met hom in aanraking gebly het. (Jaarboek 1979/266).