Brink, Coendraad Theophilus

 

Gebore

22 Apr. 1942

OORLEDE

3 Febr. 1990

UNIVERSITEIT

BA (UP); 1968, BTh 1968, Lis. Teol. 1968 (US)

gelegitimeer

ORDEN

STANDPLASE

1969 Dendron

1972 Kinross

1976 Klerksdorp-Oos

1979 Ottosdal

EMIRITEER

Hy was van die Gemeente Ottosdal en is op 3 Februarie 1990 onverwags in die ouderdom van 47 jaar aan ‘n hartaanval oorlede. Hy en sy eggenote, Anne-Marie, was besig om ‘n huweliksverrykingskursus vir gemeentelede op Golden Gate aan te bied, toe hy siek geword het. Ds. Brink is op 22 April 1942 in Pretoria gebore en het sy skoolopleiding in Bellville ontvang. Na die voltooiing van sy BA-graad aan die Universiteit van Pretoria het hy vir twee jaar gewerk voor sy vertrek na Stellenbosch. Hy het in 1968 die graad BTh aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch behaal en het daarna die gemeente Dendron, Kinross, Klerksdorp-Oos en sedert 1979 Ottosdal bedien. Uit sy huwelik met Anne-Marie is twee kinders, Tieen en Ester, gebore. Verskeie boekies het uit sy pen verskyn waarvan Robyne uit Romeine, Nog Robyne uit Romeine, Here dra my en Vastrapplekkies wyd bekend is. Gedurende April 1990 het Die uur wat die wêreld omkeer verskyn en in September 1990 verskyn sy laaste boekie, In God se intensiewe sorgeenheid. Hy het ook dikwels vir Die Voorligter geskryf. Sy onverwagse dood was vir die gemeente van Ottosdal en sy familie ‘n groot skok. Op 6 Februarie 1990 is ‘n roudiens in die gemeente Ottosdal deur ds. Japie du Plessis gelei. Op 7 Februarie is hy uit die Ned Geref. Gemeente Lyttelton-Noord, waar hy ‘n gemeenteseun was, deur sy swaer, dr Dawie Theron, begrawe. Hy word oorleef deur sy eggenote en twee kinders en deur sy bejaarde ouers, mnr en mev Bey Brink van Kronendal, Pretoria. (Jaarboek 1991/284).