Gebore
4 Aug. 1881
OORLEDE
12 Jul. 1958
UNIVERSITEIT
Sending Instituut
gelegitimeer
1905
ORDEN
1906
STANDPLASE
1906 Britstown
1919 Hanover
1922 Wellington
EMIRITEER
1946
Eerw. Johannes Marthinus Nicolaas Breedt is op 4 Augustus 1881 in die distrik Dewetsdorp gebore. As jong man het hy aan die Tweede Vryheidsoorlog deelgeneem, is twee maal swaar gewond en later as krygsgevangene na Indië gestuur. Na sy terugkeer in 1902 het hy na die Sendinginstituut gegaan. Aan die einde van 1905 is hy as sendeling gelegitimeer, en die volgende jaar as sendeling op Britstown georden. In 1919 het hy ‘n beroep na Hanover aangeneem, en in 1922 na Wellington, waar hy 24 jaar lank totdat hy sy emeritaat in 1946 aanvaar het met groot seën gearbei het. Van hom word getuig: „Hy was ‘n sendeling by uitnemendheid en ‘n boeiende prediker en bekwame leier.” Twee-en-twintig jaar lank was hy Moderator van die Sinode van die N.G. Sendingkerk. In 1950 het hy die hoof van die Teologiese Skool vir die opleiding van Kleurlingleraars geword. In 1957 het die regering hom as eerste verteenwoordiger van die Kleurlingbevolking in die Senaat benoem. Hy is op 12 Julie 1958 in die ouderdom van 77 jaar oorlede. (Jaarboek 1959).