Gebore
24 Jun. 1907
OORLEDE
29 Sept. 1938
UNIVERSITEIT
BA (US); MA (US)
gelegitimeer
1933
ORDEN
1934
STANDPLASE
1934 Theunissen
EMIRITEER
–
Ds. Philippus Daniel Brandt, M.A., was ‘n seun van die gemeente Zastron, waar hy op 24 Junie 1907 in die distrik gebore is. Nadat hy die matriekeksamen in die eerste klas afgelê het, is hy na Stellenbosch waar hy die grade B.A. en M.A. met sukses behaal het. Na voltooiing van sy teologiese studies was hy agtereenvolgens ‘n tydjie behulpsaam op Graaff-Reinet en Bloemfontein en is in April 1934 te Theunissen bevestig. Seer ywerig in sy werk moes hy die lydingsbeker ook meer dan eens drink, want reeds in 1937 is hom sy teerbeminde eggenote ontval, hom nalatende met twee dogtertjies en twee seuntjies. In Junie 1938 het hy op ‘n skiettog in die Bosveld malaria opgedoen. By die krankheid het maagkoors, longontsteking en ander komplikasies ingetree en na ‘n smartlike lyding van vier maande is hy kalm en sag ontslaap op 29 September 1938 en te Theunissen in sy 31ste jaar begrawe. (Jaarboek 1939).