Gebore
23 Mrt. 1918
OORLEDE
24 Febr. 1969
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1945
ORDEN
1946
STANDPLASE
1946 Paarl
1949 Kakamas
1956 Porterville
1961 Saldanha
EMIRITEER
–
Ds. Frederik Daniël Jacobus Brand is op 23 Maart 1918 gebore en in 1945 gelegitimeer. Daarna was hy agtereenvolgens leraar van die Paarl, Kakamas en Porterville. In 1961 het hy kapelaan van die S.A. Weermag op Saldanha geword. Hier het hy die Vlootgimnasium, die Militêre Akademie en die lugmagbasis Langebaanweg bedien. In 1966 het, hy die Suiderkruismedalje van die S.A. Weermag ontvang vir voortreflike diens. In 1968 het hy na Voortrekkerhoogte verhuis, waar hy as medeleraar van Voortrekkerhoogte-Wes bevestig is, en tot senior stafoffisier vir kapelane bevorder is, met die rang van kolonel. Kort daarna het hy drie Suid-Afrikaanse skepe as kapelaan na Australië vergesel. Na ‘n ernstige hartaanval in Australië het hy in Desember 1968 na Suid-Afrika teruggekeer, en is hy op 24 Februarie 1969 in die ouderdom van byna 51 jaar oorlede. (Jaarboek 1970/460).