Gebore
27 Des. 1937
OORLEDE
23 Okt. 1977
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1964
ORDEN
1965
STANDPLASE
Masjonaland (Pamushana)
EMIRITEER
–
Ds Andries Louw (André) Brand (27.12.1937 – 23.10.1977) is saam met sy eggenote koelbloedig deur Rhodesiese terroriste in ‘n hinderlaag doodgeskiet, terwyl hulle van ‘n nagmaaldiens op pad huis toe was. Hy was ‘n seun van Rhodesië – sy vader die hoof van die opleidingskool op Morgenster, en sy grootvader, die merkwaardige ds A A Louw, die baanbrekersendeling van ons Kerk in Masjonaland. Die egpaar was algemeen geliefd en mense wat hul lewensroeping met ywer en oorgawe vervul het. Nadat hy sy teologiese studie aan die Kweekskool op Stellenbosch voltooi het, word hy 1964 tot die bediening toegelaat en vroeg Desember die volgende jaar as sendeling in die Gatooma-gebied bevestig. (Jaarboek 1979/266).