
Gebore
12 Nov. 1910
OORLEDE
21 Sep. 1979
UNIVERSITEIT
US
gelegitimeer
1935
ORDEN
1938
STANDPLASE
1938 Brixton
1950 Rosettenville
1963 Brakpan
EMIRITEER
1976
Ds. Willem Christiaan Bouwer (12 Nov. 1910 – 21 Sept. 1979); wat skielik in die Boksburg-Benoni-Hospitaal oorlede is, het sy volle bediening van 40 jaar aan drie Randse gemeentes gewy. Krugersdorp was sy geboortedistrik, maar hy word in die omgewing van Standerton groot. Einde 1935 voltooi hy sy studie aan die Stellenbosse Kweekskool en daarna doen hy in vier Transvaalse gemeentes en in een Vrystaatse hulpdiens, totdat hy 17 Sept. 1938 as leraar van Brixton bevestig word. In 1950 gaan hy na Rosettenville en 1963 na Brakpan. Na nog 13 jaar tree hy op 7 Jan. 1976 weens swak gesondheid af om in Boksburg-Suid te gaan woon, waar hy met sy dood nog as ouderling in die diens staan. Hy was veral vir sy pligsgetroue herderlike besoekwerk bekend, maar ook op die gebied van die finansies het hy vir sy gemeentes, sowel as op rings- en sinodale vlak, vir die Transvaalse kerk baie beteken so het hy byvoorbeeld jare lank ‘n leidende rol in Suid-Transvaal se sinodale kommissies vir die Begroting en die Kerkkantoor gespeel, terwyl hy ook 1943-1975 as lid van die hoofbestuur van die Abraham Kriel-Kinderhuis gewaardeerde dienste gelewer het. Die ringspredikante wat saam met hom gedien het, asook talle gemeentelede het deur die jare geleer om hom as ‘n troue en hardwerkende kollega en leraar hoog te ag. (Jaarboek 1981/252).