Botha, Pieter Barend * 1875

 

Gebore

1875

OORLEDE

24 Jun. 1926

UNIVERSITEIT

Dipl. Teol.

gelegitimeer

1905

ORDEN

1906

STANDPLASE

 Caledon

1917 Graaff-Reinet

1922 Piketberg

EMIRITEER

Eerw. Pieter Barend Botha.: Gebore in 1875. Oorlede 24 Junie 1926. Krygsgevange geneem in die Boere-oorlog het hy, na sy terugkeer uit die ballingskap, na die Sending Kandidate Instituut (Drostdy, Worcester) en later na die Sending Instituut (Wellington) gegaan vir opleiding as Sendeling In 1905 is hy georden en toe het hy in die gemeente Caledon gaan arbei, in die wyke Greyton en Riviersonderend. Daarna was hy sendeling op Graaff-Reinet en Piketberg. Hy was iemand wat na, aan die Heer geleef het en sy prediking en omgang was ryk aan geestelike krag. Met waarheid kan van hom gesê word “Die ywer van Gods Huis het hom verslind.” Hy was gewis een van die mees toegewyde sendelinge van ons Kerk. (Jaarboek 1927/317).