Botha, Frederick Jacobus

 

Gebore

18 Aug. 1887

OORLEDE

25 Mrt. 1930

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1915

ORDEN

1917

STANDPLASE

Noord-Rhodesië

EMIRITEER

1966

Eerw. Frederick Jacobus Botha werd 18 Augustus1887 op Boshoff gebore.  Hy het sy opleiding aan die Sending-Instituut, op Wellington gehad en is in 1915 as sendeling toegelaat. Hy het hom aan die Vrystaatse sending in N.O.-Rhodesië verbind en was van Mei 1916 agtereenvolgens werksaam op die voIgende stasies: Nsadzu, Fort Jameson, Broken Hill en (vir die tweede maal) Fort Jameson. Die arbeid het hom oor twaalf jare uitgestrek en was gekenmerk deur getrouheid en toegewydheid. In 1928 was hy in sy gesondheid dermate aangetas dat hy in ‘n swak en hulpelose toestand na Suid-Afrika moes gebring word. En sedert sy terugkeer was sy Iewe ‘n lydensondervinding wat hy met kinderlike onderworpenheid en christelike tevredenheid deurgemaak het. Onder sy laaste woorde op sy sterfbed was die gesegde: „Dit is die moeite werd om ‘n christen te wees.” En daarvan was sy eie gelukkige en opofferende lewe die kragtige bevestiging. Op 25 Maart 1930 is hy in die vreugde van sy Heer gegaan. Deur die genade wat hom betoon was, was hy ʼn waardige dienskneg en arbeider in Gods wyngaard. (Jaarboek 1931).