Gebore
22 Apr. 1918
OORLEDE
27 Sept. 1966
UNIVERSITEIT
US
gelegitimeer
1944
ORDEN
1945
STANDPLASE
1945 Caledon
1948 Moorreesburg
1956 Drieankerbaai
EMIRITEER
–
Ds. Eduard Hauman Botha: Hy is op 22 April 1918 op Worcester gebore en in 1944 gelegitimeer. Hy het agtereenvolgens die gemeentes Caledon, Moorreesburg en Drie-ankerbaai bedien. In die begin van 1961 is hy en dr. Bam van Kaapstad as gaste van die Presbiteriaanse Kerk na die V.S.A., waar hulle sowat agt maande lank as hulpleraars van gemeentes in die staat Indianapolis opgetree het. Tot onlangs was hy voorsitter van die Ring van Kaapstad. In September 1966 is hy na Pretoria om daar die Anti-kommunisties Simposium by te woon. Hy het egter skielik ‘n hartaanval gekry en die volgende dag, 27 September 1966, gesterf, in die ouderdom van slegs 48 jaar. (Jaarboek 1967/563).