Botha, David

 

Gebore

17 Mei 1879

OORLEDE

11 Apr. 1948

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1906

ORDEN

1907

STANDPLASE

1912 Vanwyksvlei

1921 Koffiefontein

EMIRITEER

1946

Ds. David Botha is gebore te Cradock op 17 Mei 1879. Hy het hom tot sendingwerk geroepe gevoel en so is hy na voorbereidende studies na die Sending-Instituut te Wellington waar hy in 1906 gelegitimeer is. Hy is te Prieska, sy eerste gemeente in 1907 georden en na ‘n bediening van vyf jaar het hy in 1912 na Vanwyksvlei gegaan waar hy gewerk het tot 1918. Hierna is hy vir verdere studie na Stellenbosch om in 1920 as predikant gelegitimeer te word. Na tydelike arbeid in ‘n paar gemeentes het hy in 1921 ‘n beroep na Koffiefontein aangeneem. As myndorp destyds was dit ‘n moeilike arbeidsveld en na die sluiting van die myne het die bou van besproeiingswerke nie die taak van die leraar vergemaklik nie. Hy het egter hard en getrou gearbei om saam met sy gewone gemeentelike werksaamhede nog die bykomende ook te doen. Ook was geen opoffering vir hom te groot nie om sy dienste te gee vir die arbeid in die interne-ringskamp wat by Koffiefontein opgerig was gedurende die laaste oorlog. Van hom word getuig dat sy hele lewe ‘n bewys was van sy oorgegewendheid as instrument in die hand van die Here om te werk en siele in te samel vir Sy Koninkryk. Hy het ook besonder veel gedoen vir die jeug in sy gemeente. In 1946 het hy sy emeritaat aanvaar en daarna was hy nog in verskeie gemeentes behulpsaam. Hy is op 11 April 1948 oorlede. (Jaarboek 1949)