Gebore
21 Feb. 1897
OORLEDE
27 Mei 1968
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1952
ORDEN
1953
STANDPLASE
Oefenaar (Sending)
1957 Gevangenisbearbeider
1936-1965 Hospitaalleraar
1956–1964 Kroonstad
EMIRITEER
–
Ds. Johannes Jacobus Botes is op 21 Februarie 1897 op Winburg gebore. Hy het hom eers as onderwyser bekwaam, en is in 1916 aan die destydse hoër Tegniese Skool op Kroonstad aangestel, waar hy ‘n halwe eeu van skitterende diens gelewer het. In sy vrye tyd het hy die Bantoes in daardie omtrek bearbei, en nog tyd ingeruim vir private teologiese studie; in 1939 het hy in die Oefenaars¬eksamen geslaag. ln 1951 het die Sinode van die N.G. Kerk in die Vrystaat sy goeie werk erken deur hom tot die bediening toe te laat tot dusver die enigste keer dat dit in daardie provinsie gebeur het. Van toe af was hy voltyds in diens van die Sending. Hy was onder meer scriba-kassier van die Sendingkerk in die Vrystaat en gevangenis-kapelaan vir Bantoe-gevangenes. Ook was hy hospitaalbearbeider tot 1965 en sendeling van Kroonstad van 1956 tot 1964. Einde 1966 moes hy om gesondheidsredes sy emeritaat aanvaar, maar hy het, nog twee jaar lank as hulpleraar in die gemeente Hermanus gearbei. Hy is op 27 Mei 1968 in die ouderdom van 71 jaar aan ‘n hartaanval oorlede. (Jaarboek 1969).