Gebore
3 Mei 1887
OORLEDE
24 Des. 1953
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1921
ORDEN
1922
STANDPLASE
1922 Piet Retief
1926 Edenville
1928 Kroonstad-Noord
EMIRITEER
1950
Ds. Johannes Stephanus Bosman is in 1921 gelegitimeer en in 1922 as leraar van Piet Retief bevestig. Vandaar is hy na Edenville in 1926 en vanaf 1928 het hy as leraar van Kroonstad-Noord diens gedoen totdat hy in 1950 sy emeritaat aanvaar het. Die nuwe pastorie en die klipkerkgebou in sy laaste gemeente is daar as blywende monumente van sy ywer en toegewydheid aan sy taak. Hy is gedurende Desember 1953 oorlede. (Jaarboek 1955).