Bosman, Jan Henoch

 

Gebore

26 Okt. 1866

OORLEDE

5 Apr. 1947

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1903

ORDEN

1904

STANDPLASE

Calitzdorp

1917 Robertson

1919 Die Herberg

Robertson

EMIRITEER

1926

Eerw. Jan Henoch Bosman is te Stellenbosch op 26 Oktober 1866 gebore. Na sy opleiding aan die Stellenboschse Gimnasium is hy in April 1890 na Pretoria waar hy ‘n staatsbetrekking in die Suid-Afrikaanse Republiek, aanvaar het. Tydens ‘n besoek van Prof. Hofmeyr aan Pretoria in 1896 het hy tot bekering gekom en die drang tot die evangeliebediening was so sterk dat hy ‘n finansieël lonende betrekking opgegee het en vir studie na Stellenbosch teruggaan het. Aan die begin van 1902 is hy na die Sending-Instituut te Wellington en einde 1903 is hy toegelaat as sendeling. Sy eerste gemeente was Calitzdorp alwaar hy op 5 Maart 1904 georden is. Met groot toegewydheid het hy die gemeente bedien tot 1917 toe hy na Robertson vertrek het. Toe daar in 1919 ‘n weeshuis gestig is, het hy en sy eggenote die moeilike taak van huisvader en huismoeder op hulle geneem. Na sy emeritaat in 1926 was hy nog in verskeie gemeentes behulpsaam en geseënde werk gedoen. Hy is op 5 April 1947 oorlede. (Jaarboek 1948).