Bosman, Jacobus

 

Gebore

20 Mei 1948

OORLEDE

23 Mei 1989

UNIVERSITEIT

BTh 1974, Lis Teol.

gelegitimeer

1975

ORDEN

STANDPLASE

EMIRITEER

Hy is op Stellenbosch gebore. Nadat hy op Stellenbosch grootgeword en gestudeer het, is hy op 7 Februarie 1976 as leraar van die Ned Geref. Gemeente Gansbaai bevestig. Hy was besonder geheg aan Gansbaai en sy mense. Die feit dat hy ‘n aantal beroepe bedank het, is bewys daarvan dat hy geroepe gevoel het om juis in Gansbaai sy bediening voort te sit. Hy was ‘n nederige en minsame mens wie se lewe gekenmerk was deur medemenslikheid en was hy dan ook een met sy lidmate wat hom liefgehad het. Hy het die volle spektrum van diens aan die jeug tot die oues van dae aan Gansbaai se mense gelewer. Hy het ‘n besondere liefde gehad om met hout te werk en dit was dan ook sy stokperdjie om artikels uit hout te vervaardig en op te rig. Hy het tragies verongeluk toe hy op pad na Caledon was vir ‘n vergadering van die predikante van die Ring van Caledon en sy motor net buite Caledon van die pad geloop en teen ‘n betonafvoerpyp gebots het. Ds. Bosman word oorleef deur sy vrou, Elmarie Snyman, en drie dogters vir wie hy baie lief was. (Jaarboek 1990/290)