Gebore
3 Jul. 1864
OORLEDE
14 Apr. 1944
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1887
ORDEN
1889
STANDPLASE
Soutpansberg
1892 Ventersburg
1895 Ficksburg
1899 Jacobsdal
1904 Bloemfontein
1912 Caledon
1 920 Bloemfontein
EMIRITEER
1931
Ds. Pieter Johannes Jurgens Boshoff is gebore op 3 Julie 1864. Aan die kweekskool te Stellenbosch het hy sy teologiese opleiding ontvang en hy is in 1887 gelegitimeer. Hy het eers as hulpprediker te Pretoria gewerk, maar in 1889 is hy na sy eerste standplaas, naamlik Soutpansberg (nou Pietersburg); waar hy in die ope lug onder ‘n boom op 13 April georden en bevestig is. Na Soutpansberg het hy die volgende gemeentes bedien: Ventersburg 1892, Ficksburg 1895, Jacobsdal 1899, Bloemfontein 1904, Caledon 1912, Bloemfontein 1920: In die verskillende gemeentes het hy die onbepaalde vertroue, agting en liefde geniet. Die Kerk het sy waarde geken en daarom is van sy dienste gebruik gemaak. Die Vrystaatse Kerk het hy op besonder bekwame wyse gedien as Scriba, Assessor en Moderator van die Sinode. As evangeliedienaar het hy uitgeblink. Hy was getrou en toegewyd in die diens van die Meester om die heil van siele te soek deur die verkondiging van die onvervalste evangelie. Na ‘n 42-jarige bediening het hy sy emeritaat in 1931 aanvaar toe hy hom aan hospitaalwerk in Kaapstad gewy het. Op 14 April 1944 is hy te Bloemfontein oorlede. (Jaarboek 1945).