
Gebore
14 Des. 1906
OORLEDE
9 Nov. 1975
UNIVERSITEIT
BA (UP); (US)
gelegitimeer
1935
ORDEN
1936
STANDPLASE
1936 Boksburg-Noord
1945 Port Elizabeth-Wes
1950 Linden
1961 Voortrekkerhoogte
EMIRITEER
1971
Ds Gideon Johannes Jacobus Boshoff (14.12.1906 – 9.11.75) was ‘n boorling van die distrik Middelburg, Transvaal. Hy matrikuleer op Ermelo, behaal sy Admissie-BA aan die Universiteit van Pretoria, ontvang sy teologiese opleiding aan die Stellenbosse Kweekskool en word einde 1935 gelegitimeer. In Augustus1936 volg sy bevestiging as leraar van die kort tevore gestigte gemeente Boksburg-Noord. Daarna bedien hy Port Elizabeth-Wes (1945) en Linden (1950); totdat hy 1961 kapelaan in die SA Weermag op Voortrekkerhoogte word. Daarna is hy as leraar van Voortrekkerhoogte-Wes hospitaalkapelaan van ons Kerk in die militêre hospitaal op Voortrekkerhoogte – ‘n taak wat hy na die aanvaarding van sy emeritaat 1971, steeds met vrug voortsit. By hom brand die vlam van volks- en vaderlandsliefde hoog en in sy prediking – in beeldryke taal en met treffende woordspelings – lewer hy onverskrokke daarvan getuienis. Soms lok hy hewige reaksie uit as hy met vreeslose uitgesprokenheid en profetiese moed misstande in die volkslewe aan die kaak stel, maar steeds bly hy die hartlike mens met ‘n opgewekte en mensliewende geaardheid en ‘n ootmoedige gees. In die gemeentes deur hom bedien, het hy diep spore nagelaat en baie lewens ten goede beinvloed en besiel. Hy was ‘n getroue dienskneg van die Here en ‘n heel besondere man wat nie gou vergeet sal word nie. (Jaarboek 1977/309).