Gebore
27 Mei 1931
OORLEDE
17 Mrt. 1978
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1956
ORDEN
1958
STANDPLASE
1958 Claremont
1964 Concordia
1974 Zuurbraak
EMIRITEER
–
Ds Julie Frank Chalmers Booysen se gesondheid het vroeg in sy lewe ‘n ernstige knou gekry, sodat hy in 1977 op betreklik vroeë leeftyd weens siekte sy emeritaat moes aanvaar. ‘n Jaar later is hy na ‘n lang en ernstige siekbed tot hoër diens opgeroep. Hy word groot in Wynberg, waar sy vader jare lank as skriba van die sendinggemeente dien. Nadat hy aan die Hoërskool Livingstone in Claremont gematrikuleer het, gaan hy werk totdat hy die duidelike roeping ontvang om hom vir die evangeliebediening aan te meld. Van 1953 af volg hy die kursusaan die destydse Teologiese Skool op Wellington, en word einde 1956 gelegitimeer. Hy verrig eers tydelike diens, totdat hy in 1958 in Claremont bevestig is. In 1964 aanvaar hy ‘n beroep na Concordia in Namakwaland, maar moet vir ‘n tyd die bediening verlaat, tot 1974 toe hy die herderstaf in sy laaste gemeente, Zuurbraak, opneem. Die Sendingkerk eer sy nagedagtenis en gee aan God die eer vir die arbeid wat Sy dienskneg in weerwil van ernstige terugslae in Sy wingerd verrig het. (Jaarboek 1979/266).