Gebore
5 Apr. 1894
OORLEDE
8 Sept. 1966
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1918
ORDEN
1919
STANDPLASE
1919 (Sendeling) Britstown
1927 Prieska
1928 Richmond
1934 Vanrhynsdorp
1939 Citrusdal
1944 Murray
EMIRITEER
1959
Ds. Jacobus Johannes Zacharias Marthinus Blomerus: Hy is op 5 April 1894 gebore en in 1918 as sendeling gelegitimeer. As sodanig het hy die sendinggemeentes Britstown, Prieska en Richmond bedien. Na verdere studie is hy in 1933 as predikant gelegitimeer, en het hy in die gemeentes Vanrhynsdorp, Citrusdal en Murray (De Doorns) met groot seën gearbei. Na aanvaarding van sy emeritaat in 1959 het by met groot ywer en vrug in verskeie gemeentes gehelp. Sy minsame persoonlikheid en optrede is oral met waardering bejeën. Hy is op 8 September 1966 na ‘n hartaanval oorlede in die ouderdom van 72 jaar (Jaarboek 1967/562).