Gebore
20 Aug. 1888
OORLEDE
28 Sept. 1956
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1918
ORDEN
1919
STANDPLASE
1919 Du Plessis
1947 Goedvertrou
EMIRITEER
1943
Ds. Hendrik Petrus Blom is op 20 Augustus1888 in die distrik Cradock gebore. Na sy legitimasie in 1918 was hy ‘n ruk lank reisende sekretaris van die C.S.V. In 1919 is hy as die eerste leraar van die pas gestigte gemeente Du Plessis in die Transkei bevestig waar hy tot 1943 gestaan het. Toe moes hy weens swak gesondheid sy emeritaat aanvaar. Langsamerhand het hy in so ‘n mate herstel dat hy in verskeie gemeentes tydelik kon arbei, totdat hy in 1947 die beroep na die pas gestigte gemeente Goedvertrou aangeneem het, waar hy tot sy dood toe met veel vrug gearbei het. Hier het hy, net soos in sy vorige gemeente, hom veral vir die sendingsaak beywer. Hy is op 28 September 1956 in die ouderdom van 68 jaar oorlede