Bloem, Pieter Johannes

 

Gebore

9 Des. 1905

OORLEDE

24 Sep. 1978

UNIVERSITEIT

M.Th., Ph.D.

gelegitimeer

1930

ORDEN

1931

STANDPLASE

 Riebeek-Wes

1937 Vryheid

1946 Bethlehem

1960 Vryheid-Suid

– 1965 Na Moederkerk: Langlaagte

EMIRITEER

Dr Pieter Johannes Bloem (9 Des. 1905 – 24 Sept. 1978); voormalige moderator van die sinode van die NGKA in Natal, is in Pretoria oorlede. Sy seun, ds. G F Bloem van Vrede, het die begrafnisdiens gelei. Hy ontvang sy opleiding vir die diens in ons kerk se sending aan die ou Sendinginstituut op Wellington, waar hy 1930 gelegitimeer word. Hierna het die sendinggemeentes Riebeek-Wes in Kaapland (1931); Vryheid in Natal (1937); Bethlehem in die Vrystaat (1946) en Vryheid-Suid (1960) gedurende 35 jaar die voordeel van sy bediening, terwyl hy in die Vrystaat sowel as in Natal in die moderatuur dien. In Natal is hy voorsitter van die Historiese Vereniging en op Vryheid begin hy met ‘n museum. In 1965 aanvaar hy ‘n beroep na die Moederkerkgemeente Langlaagte, waar hy tot sy aftrede 9 Nov. 1969, na ‘n hartaanval vroeër daardie jaar, arbei. Daarna vestig hy en sy gade hulle langs die Vaalrivier. (Jaarboek 1980/244).