Gebore
26 Feb. 1939
OORLEDE
05 Jul. 1997
UNIVERSITEIT
BA (Honn.) US
gelegitimeer
1964
ORDEN
1965
STANDPLASE
1965 Meintjeskop
1968 Pietersburg (Kpln)
1971 Danie Theron Krygskool (Kpln)
1972 Alberton-Suid
1973 Brackenhurst
1978 Vrede
1981 Constantiakruin
EMIRITEER
–
Ds. George Frederick Bloem BA (Hons); BTh 26 Febr. 1939 – 05 Jul. 1997
Frikkie Bloem is op 26 Februarie 1939 op Vryheid gebore as die jongste kind en enigste seun van eerw en mev Pieter Bloem, wat in daardie tyd sendeling op Vryheid was. Hulle verhuis in 1947 na Bethlehem in die Vrystaat. Hy voltooi sy skoolloopbaan op Bethlehem en gaan dan na Stellenbosch vir sy teologiese studies.
Almal wat hom in sy jong dae geken het, onthou ho as lewendig en altyd vol dinge’, soos iemand geskryf het van ‘die stout (in die mooi sin van die woord) seun van Bethlehem’ . Na ‘n voorval op die atletiekbaan, toe hy raakgegooi is met ‘n spies en wonderbaarlik herstel het, hoor hy baie sterk die roepstem van die Here en besluit om predikant te word. Tydens sy studies ontgroei hy egter nie sy streke nie en baie van sy klasmaats kan getuig van sy lewendigheid en sy wonderlike humorsin. Altyd reg vir ‘n grappie, maar ernstig in sy studies en beslis gerig op sy roeping. Hy voltooi ‘n Honneursgraad in Volkekunde en daama sy BTh-graad. Hy word aan die einde van 1964 gelegitimeer.
In 1959 ontmoet hy vir Elma Cronje, en na baie jare van langafstand hofmakery’ raak hulle verloof en trou op 19 Desember 1964 op Vryheid, haar tuisdorp en die vroeere gemeente van sy vader.
Hy aanvaar sy eerste beroep na die middestadgemeente Meintjeskop, Pretoria, en word op 5 Maart 1965 daar bevestig. Hy en sy medeleraar, ds. Wille Lubbe (oorlede in 1994); bou ‘n splintemuwe kerkgebou en ‘n woonstelblok waar talle lidmate bly. Hulle werk baie hard onder die talle studente wat ook in daardie gemeente bly. Die Bloems se seun en dogter, Elize en Pieter, is ook tydens hulle verblyf in die gemeente gebore.
In 1968 word hy weermagkapelaan by die destydse Lugmagbasis op Pietersburg. Die jongste seun, Jaco, word daar gebore. Ds. Bloem doen onder andere grensdiens in die Caprivi en bring maande weg van sy huis deur.
In 1971 word hy verskuif na die Danie Theron-Krygskool in Kimberley. Daar word konserte gehou vir die weermagmanne en die kinders en baie pret word ervaar in die rooi stof van Kimberley. Elke jaar gaan kamp hulle met meer as 300 soldate.
In 1972 aanvaar hy ‘n beroep na Alberton-Suid en kort daarna word die gemeente Brackenhurst afgestig, waarheen hy in 1973 beroep word. In die nuwe gemeente word ‘n besondere kerkgebou ingewy (altesame 21 babas word op die inwydingsondag gedoop); Ds. Bloem trap diep spore in daardie gemeente.
Daarna verskuif die Bloems in 1978 na Vrede in die Vrystaat, waar hy deeglik met die boeregemeenskap kennis maak. Hy bring laat nagte met die boere deur tydens huisbesoeke en ervaar die moeilike deel van die bediening, naamlik menseverhoudings. Ook hier werk hy baie onder die jong mense en bereik baie.
Ds. Bloem aanvaar in Mei 1981 sy voorlaaste beroep (hy het ook nog daarna ‘n beroep na Roodepoort gekry) na Constantiakruin in die Wesrand waar hy en sy gesin wonderlike jare saam ervaar. Uit hierdie gemeente trou twee van sy kinders en word sy eerste kleinkind gebore. Hy het al sy kinders gedoop, belydenis laat afle, hulle getrou en hulle kinders gedoop. Constantiakruin was vir hulle ‘n wonderlike gemeente met lojale mense wat hard gewerk het in die koninkryk. Hy ken almal, vertoef by siekbeddens, staan vroeg op om voor te berei en saans ses-uur begin hy met sy besoeke. Hy dien in verskeie kerklike kommissies: die Kerkkantoor- kommissie, Leer en Aktuele Sakekommissie, die Finansiele Komitee, en organiseer verskeie huweliksverrykingkursusse.
Dit is ook in hierdie gemeente wat hy vir die eerste keer siek word en met ‘n embiolisme in sy longe gediagnoseer word. Met groot hartseer en trane emeriteer hy op 16 Mei 1993, maar hulle vestig hulle in die gemeente waar hy nog help met troues, die doop bedien en dienste waarneem.
Op advies van ‘n spesialis besluit die Bloems om na die see te trek en hulle vestig hulle in Fraai Uitsig by Klein Brakrivier. Hier ondervind hulle die wonderlikste jaar en ‘n half van hulle lewe en is ds. Bloem merkwaardig gesond. Hy sluit aan by ‘ n Bybelstudiegroep, maak vriende, en het ‘n aktiewe sosiale lewe. Soos hul gewoonte was, kom hulle in die wintertyd na Marlothpark in die Laeveld. Hier word hy op 3 Julie 1997 met ernstige longontsteking siek en sterf op 5 Julie weens ‘ n bloedklont.
Frikkie Bloem was ‘n man wat sy hele lewe net aan die Here gewy het. Hy het net vir sy God geleef: van die begin van sy lewe, in sy ouerhuis, elke tree in sy bediening en elke oomblik as mens en pa.
Hy was ‘n mens-mens, maar ook ‘n man van God. Hy het by baie sterfbeddens gestaan om vir ander te bid. Hy het ook jeugkampe gereel en atletiek afgerig.
Hy was altyd daar as iemand ho nodig gehad het en het met soveel liefde opgetree. Hy was ook altyd daar vir sy kinders en kleinkinders, al was by streng met hulle. Tog het by sy drie kleinkinders bederf en sal hulle die kettieskiet, perdry op sy rug, hulle taal praat, op die sand speel en vissies vang, onthou. – (Elize Olivier, dogter. Verwerk en aangevul deur DJ Viljoen.) (Jaarboek 19.)