Gebore
29 Des. 1869
OORLEDE
4 Okt. 1936
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1892
ORDEN
1898
STANDPLASE
Njassaland
1903 Upington
1904 Utrecht
1912 Huisvader, Send.-Instituut
1917 Kapelaan, Naturellearbeiders
1918 Williston
1919 Murraysburg
1921 Vredenburg
1927 Elandskloof
EMIRITEER
1934
Eerw. Robert Blake was afkomstig van Wellington, waar hy op 29 Desember 1869 gebore is en sy opleiding as sendeling aan die plaaslike Sending-Instituut ontvang het. Na voltooiing van sy studie het hy in 1892 na Nyasaland gegaan as een van die eerste buitelandse sendelinge van die Ned. Geref. Kerk in die geweste; sy twee voorgangers was Ds. A. C. Murray en Eerw. T. C. B. Vlok en dit is opmerklik dat hierdie drie veterane in dieselfde jaar kort na mekaar oorlede is. Eerw. Blake het eers ʼn tyd lank op die destydse hoofstasie Mvera gearbei en daarna het hy ‘n eie stasie, waaraan die naam Kongwe gegee is, aangelê. Hier het hy ruim vyf jaar gestaan en hom soseer op die studie van die Nyanjitaal toegelê dat hy ʼn gewysigde vertaling van die Kinderbybel in die inboorlingtaal onder die titel “Mbiri Ya-kali,” betekenende “Die ou Storie,” kon uitgee. Die Kinderbybel het reeds verskeie uitgawes beIeef en word nog steeds in die sending gebruik, en daardeur word Eerw. Blake altyd in erkentlike nagedagtenis gehou. Tot sy nie geringe spyt moes hy in 1909 Nyasaland ter wille van die gesondheid van sy eggenote, wat hom oorleef, verlaat. In Suid-Afrika teruggekeer het hy verskillende sendinggemeentes bearbei, eers in Transvaal (Utrecht) en later in Kaapland (o.a. Murraysburg en Vredenburg); Hy was huisvader van die Kosinrigting aan die Opleidingsinstituut op Wellington tot 1916, toe hy op versoek van die Buitelandse Sendingkommissie as kapelaan van die inboorlinge wat na Europese oorlogsfront gestuur is, na Frankryk gegaan het. Na die beëindiging van die oorlog het hy andermaal binnelandse sendingweek gedoen. Sy laaste standplaas was Elandskloof, waar hy nieteenstaande sy geknakte gesondheid volhard het tot 1934, toe hy emeritusgeword en hom op Bellville gevestig het. En hier is hy op 4 Oktober 1936 uit sy woning na sy ewige woning verhuis. Sy stoflike oorskot is te Wellington begrawe. (Jaarboek 1937).