Gebore
17 Mei 1928
OORLEDE
4 Jul. 1979
UNIVERSITEIT
A. Dipl. Teol
gelegitimeer
1955
ORDEN
1956
STANDPLASE
1956 Pretoria-Noord
1960 Blouberg
1970 Daspoort
1976 Haakdoorn
EMIRITEER
–
Ds. Frederik Cornelius (Frikkie) Bezuidenhout (17 Mei 1928 – 4 Jul. 1979) van die jong gemeente Haakdoorn naby Pretoria, wat onverwags aan ‘n hartaanval beswyk het, het in Pretoria grootgeword. Nadat hy ‘n paar jaar gewerk het, bekwaam hy hom aan die Teologiese Fakulteit in Pretoria as predikant en na sy toelating tot die evangeliebediening 1955, word hy 24 Mrt. 1956 in Pretoria-Noord bevestig. Later bedien hy nog drie gemeentes in Noord-Transvaal: Blouberg (1960); Daspoort (1970) en Haakdoorn wat in 1976 gestig is (1977); Hy was ‘n fris, sterk man wat ook ‘n lewendige belangstelling in die boerdery gehad het. (Jaarboek 1980/244).