Bezuidenhoud, Johan Gregorius

 

Gebore

28 Nov. 1911

OORLEDE

06 Sep. 1997

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1937

ORDEN

1938

STANDPLASE

1938 Vrededorp

1941 Johannesburg

1943 Steynsburg

1947 Dordrecht

1950 Graaff-Reinet (Nuwe Kerk)

1955 Riviera

1958 Barkly-Oos

1962 Swartland

1965 Zastron

1969 Dalview

1977 Brakpan

EMIRITEER

1980

Ds. Johan Gregorius Bezuidenhoud (BA) 28 Nov. 1911 – 06 Sept. 1997

Johan Bezuidenhoud is op 28 November in die distrik van Ermelo gebore. Hy het op ‘n vroeë ouderdom die roeping ontvang om vir predikant te gaan studeer. Daarom is hy na Stellenbosch en het hy sy BA-graad daar verwerf. Na sy Kweekskool-opleiding is hy in 1937 gelegitimeer. Op Universiteit het hy uitgeblink op kultuur- en sportgebied. Sy eerste gemeente, waar hy in 1938 georden is, was Vrededorp. Daarna het hy die volgende gemeentes bedien: Johannesburg (1941); Steynsburg (1943); Dordrecht (1947); Graaff-Reinet Nuwe Kerk (1950); Riviera (1955); Barkly-Oos (1958); Swartland (1962); Zastron (1965); Dalview (1969) en Brakpan (1977); Terwyl hy in Johannesburg was, was hy ook die eerste studenteleraar in die Goudstad. Hy het op 30 November 1980 geëmeriteer.

Johan is in 1938 met Anita Coetzee getroud en uit die huwelik is drie seuns gebore. Na sy aftrede het hulle in Brakpan gewoon waar hy na ‘n kort siekbed, in die ouderdom van 85 jaar, oorlede is. Die teks van die boodskap by sy begrafnisdiens was Luk 1:23: ‘Toe die tyd van sy tempeldiens om was, het hy huis toe gegaan.’

Hierdie woorde was besonder toepaslik op Johan Bezuidenhoud, want hy was ‘n ywerige werker en dinamiese prediker. Daarby was hy ook pastor by uitnemendheid en het onder andere baie welslae gehad om gesinne uit sektes terug te lei na die Gereformeerde geloof. Sy eredienste is altyd besonder goed bygewoon. Tot kort voor sy dood het hy nog lidmate bevestig en kinders gedoop. Sy leuse was altyd: liewer opslyt as oproes’ .

Hy het in verskillende moderature van die kerk gedien sowel as in talle ringskommissies. Hy was in alle opsigte ‘n leier van formaat. – ds. Dirk Myburgh, aangevul en effens verwerk deur Dirk Viljoen. (Jaarboek 1999/342).