Beyers, Constantin Andreas

 

Gebore

4 Des. 1898

OORLEDE

25 Jul. 1946

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1927

ORDEN

1928

STANDPLASE

Dordrecht

EMIRITEER

Ds. Constantin Andreas Beyers is op 4 Desember 1898 te Willowmore gebore alwaar sy vader destyds predikant was. Aan die Universiteit van Stellenbosch het hy sy B.A.-graad verwerf en daarna is hy na die Kweekskool vir sy teologiese opleiding. Aan die einde van 1927 is hy gelegitimeer en op 18 Februarie 1928 is hy te Dordrecht georden en bevestig. Dit was sy eerste en enigste gemeente alwaar hy sy lewenstaak met groot getrouheid verrig het. Behalwe sy gemeentelike werksaamhede het die saak van die opvoeding van blanke sowel as kleurlinggemeenskappe sy daadwerklike aandag geniet. Veral het hy hom opgeoffer in belang van die behoeftige kind. Hy het die gemeenskap van Dordrecht dan ook in vele hoedanighede gedien as voorsitter van verskillende liggame. In die C.J.V. het hy lewendig belanggestel en was ‘n tydlank hoof-redakteur van Ons Touleier ‘n blad wat die vereniging uitgegee het. Hy het wonderlike deursettingsvermoë gehad en as innige Christen was hy geliefd by oud en jonk, ryk en arm. Hy is in die bloei van sy jare op 25 Julie 1946 oorlede. (Jaarboek 1947).