Bester, Paul Michiel

 

Gebore

21 Mrt. 1883

OORLEDE

6 Nov. 1979

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1907

ORDEN

1910

STANDPLASE

1910 Barrydale

1919 Ceres

EMIRITEER

1942

Ds. Paul Michiel Bester die oudste rustende leraar van die Ned Geref. Sendingkerk in Suid-Afrika en een van die weinige oud-stryders van die Anglo-Boereoorlog wat nog in lewe was, is in sy 97ste jaar op Senekal oorlede. Soos menige ander jong man het hy na die oorlog vir sy voorbereidende studie na die destydse Drostdy Boer en Zending Instituut op Worcester en daarna na die Sendinginstituut op Wellington gegaan om hom vir diens in die Sendingkerk te bekwaam. In 1907 gelegitimeer, word hy 4 Sept. 1910 op Barrydale georden en bevestig. In Oktober 1919 begin sy lang en vrugbare dienstyd in die sendinggemeente Ceres, wat daardie tyd ook nog Wolseley en selfs Touwsrivier ingesluit het. In Ceres arbei het met volharding voort totdat hy Junie 1942 die tuig neerlê. Gedurende sy laaste lewensjare woon hy op ‘n plaas naby Arlington, OVS. (Jaarboek 1981/252).