Benga (1914)

Die Sondagskoolkinders in Transvaal is ook bereid om die salaris van ‘n sendeling in P.O.A. te vind en so word ‘n vierde sendingstasie, Benga, in 1914 gestig, waar eerw. en mev. A. J. Liebenberg, wat in 1900 na Njassaland gekom het, geplaas word. Benga lê suidoos van Mphatso –  “ ‘n dagreis per donkie van Mphatso af” (Bron: Cronje, J.M. 1981. Aan God die dank. p. 209-210).