Gebore
16 Nov. 1898
OORLEDE
18 Jul. 1967
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1922
ORDEN
1923
STANDPLASE
1923 Vrede
1924 Hanover
1935 Huisvader Sendinginstituut
1940 Moorreesburg
1941 Veldprediker
1948 Williston (Amandelboom)
EMIRITEER
1965
Ds. Nicolaas Johannes Bekker is op 16 November 1898 gebore, en in 1922 as sendeling gelegitimeer. Hy is die volgende jaar na Vrede beroep, en die jaar daarop na Hanover, waar hy elf jaar gearbei het. In 1935 het hy huisvader van die Sendinginstituut op Wellington geword; daar het hy die naam Grootvader verwerf. Na ‘n kort dienstyd op Moorreesburg (1940-1941) het hy sowat sewe jaar as veldprediker gedien; toe is hy na Williston (Amandelboom) waar hy 17 jaar lank gearbei het, tot sy emeritaat in 1965. Hy is op 18 Julie 1967 op 69-jarige leeftyd oorlede. (Jaarboek 1968).