Bekker, Hendrik Christiaan

 

Gebore

8 Jul. 1861

OORLEDE

27 Sep. 1941

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1888

ORDEN

1890

STANDPLASE

1890 Krugersdorp

1898 Bethulie

1914 Ventersburg

1918 Winburg

EMIRITEER

1931

Ds. Hendrik Christiaan Bekker is op 8 Julie 1861 gebore. In 1888 is hy gelegitimeer en 1890 georden en bevestig te Krugersdorp. Sy eerste gemeente het hy agt jaar bedien toe hy in 1898 ‘n beroep na Bethulie aangeneem het. In 1914 het hy na Ventersburg vertrek, waar hy gestaan het tot 1918, toe hy hom ‘n beroep na Winburg, sy laaste gemeente, laat welgeval het. Na ‘n geseënde en vrugbare bediening van 41 jaar, wat met die grootste getrouheid waargeneem was, het hy sy emeritaat in 1931 aanvaar. Kenmerkend van hom was sy beskeidenheid en nederigheid. Hy was ‘n man met besliste oortuigings en hy het ook die moed gehad om daarvoor uit te kom. Waar hy van ander verskil het, was hy vol van vergewensgesindheid en het hy selfs die agting van teenstanders afgedwing, want hy was ‘n man van hoogstaande Christelike karakter en van onbesproke wandel. Na sy emeritaat was hy vir ‘n aantal jare as hospitaal-arbeider werksaam in Kaapstad. Sy vorming in die tyd van die Anglo Boere-oorlog, waar hy in die konsentrasiekampe gewerk het, het hom uitnemend geskik gemaak vir sy werk in die hospitale. Vir menige siel het hy ‘n trooswoord gehad in tye van angs en droefheid. Hierdie werk het hy verrig tot kort voor sy dood op 27 September 1941.