Gebore
–
OORLEDE
28 Mrt. 1960
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1905
ORDEN
1906
STANDPLASE
1918 Ceres
1919 Porterville
EMIRITEER
1939
Eerw. Cornelius Albertus Bastiaanse het eers van 1897 tot 1905 as onderwyser van die Kleurlinggemeenskap Kleurlinge in Porterville opgetree. In hierdie tyd het hy deur private studie hom vir die leraarsamp voorberei. In Desember 1905 is hy gelegitimeer en in April 1906 is hy as leraar van die sendinggemeente Porterville bevestig. Van 1918 tot 1919 was hy leraar van die gemeente Ceres, maar is daarop weer tot leraar van die gemeente Porterville beroep en bevestig, waar hy geseënde arbeid verrig het tot dat hy in 1939 sy emeritaat aanvaar het. Gedurende hierdie lang en vrugbare dienstyd het hy ook hulp verleen aan Gouda en Elandskloof. Hy het hom in die besonder beywer vir die opvoeding van die Kleurlinge. Op 28 Maart 1960 is hy oorlede in die geseënde ouderdom van 86 jaar.(Jaarboek 1961)