Bastiaanse, Barend Fred Gerrit

 

Gebore

OORLEDE

28 Mrt. 1960

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1920

ORDEN

1921

STANDPLASE

1921 Beaufort-Wes (Hulpprediker.)

1922 Beaufort-Wes

EMIRITEER

1964

Ds. Barend Fred Gerrit Bastiaanse is in 1920 gelegitimeer. Nadat hy twee jaar lank as hulpprediker van die sendinggemeente Beaufort-Wes gearbei het, is hy tot leraar van daardie gemeente beroep, waar hy 42 jaar lank ‘n geseënde werk verrig het, tot sy emeritaat in 1964. Van hom het ‘n vriend gesê: „Hy het van ywer vir die diens van sy Meester gebrand. Sy lewe is gekenmerk deur ‘n kinderlike geloofsvertroue in sy hemelse Vader. In die omgang was sy vriendelikheid en naasteliefde spreekwoordelik. Vir die armes, behoeftiges en krankes het hy altyd ‘n ope hart gehad. Sy ernstige prediking het nooit hart en gemoed koud gelaat nie. Met sy heengaan het nog ʼn steunpilaar in ons kerk onverwags weggeval.” Hy is in Januarie 1970 oorlede. (Jaarboek 1971/484).