Gebore
11 Jul. 1903
OORLEDE
24 Mrt. 1973
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1929
ORDEN
1934
standplase
1934 Noord-Rhodesië
1943 Kimberley
1945 Theunissen
1946 Griekwastad
1950 De Villiers
1951 Worcester (Bantoe)
1965 Emeritus Sendeling
Emiriteer
1965
Ds. Rudolp Johannes Barnard, gebore 11 Julie 1903, word 1929 op Wellington tot die bediening in die Sendingkerk toegelaat. Vanaf 1934 staan hy in die destydse Noord-Rhodesiese Sending en daarna bedien hy Kimberley (1943); Theunissen (1945); Griekwastad (1946); De Villiers (1950) en Worcester (Bantoe) (1951); waar hy ten spyte van swak gesondheid voort arbei tot 1965 toe hy die tuig neerlê en hom op George gaan vestig . Op Worcester is daar in sy dienstyd die doelmatige kerkgebou opgerig wat na die brandstigting van enkele jare later grotendeels herbou moes word. Hy sterf 24 Maart 1973 in ‘n Kaapstadse hospitaal. (Jaarboek 1974/F1)