Bam, Erich

 

Gebore

8 Apr. 1892

OORLEDE

12 Jan. 1972

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1917

ORDEN

1921

standplase

Soedan

1930 Petrus Steyn

1931 Montagu

1939 Aliwal-Noord

1942 Riviersonderend

1947 Villiersdorp

1957 Emeritus Sending

Emiriteer

1957

Ds. Erich Bam het op 12 Januarie 1972 heel onverwags in die eetsaal van die Pam Brink-tehuis vir bejaardes in die Strand beswyk. Hy is op 8 April 1892 gebore en in 1917, na sy opleiding aan die Sending-Instituut op Wellington, tot die bediening toegelaat. Vanaf 1921 tot 1930 doen hy ‘n groot werk in ons Soedan-Sending (Noord-Nigerië); waar hy deur almal geliefd was. Na die Unie teruggekeer, arbei hy met vrug in die sendinggemeentes Petrus Steyn (1930); Montagu (1931); Aliwal-Noord (1939); Riviersonderend (1942) en Villiersdorp (1947); Na sy aftrede in 1957, neem hy nog hier en daar in gemeentes waar. Hy was ‘n getroue, bekwame, innemende en voorbeeldige werker in die wingerd van sy Meester. Een van sy seuns is dr. Gustav Bam van die Engelstalige Ned. Geref. Gemeente in die Kaapse Skiereiland. (Jaarboek 1973/463)