Gebore
20 Jul 1882
OORLEDE
1 Jul. 1954
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1908
ORDEN
1912
standplase
–
Emiriteer
–
Eerw. Pieter Arnoldus Badenhorst is in 1908 gelegitimeer en in 1912 as sendeling vir die werk in Masjonaland georden. Dertig jaar lank het hy getrou meegewerk om die lig van die evangelie aan die heidene bring. Sy stille, nederige invloed het diep spore nagelaat en hy is deur die Shona-volk van Makumbe en Nyashanu bemin en gerespekteer. In 1942 moes hy weens ooreisde kragte sy emeritaat aanvaar. Hy is op 1 Julie 1954 na ‘n smartlike lyding oorlede. (Jaarboek 1955).