Gebore
16 Mei 1910
OORLEDE
9 Apr. 1963
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1953
ORDEN
1954
standplase
1959 Masjonaland
Emiriteer
–
Ds. Phillo Hesnie Badenhorst is op 16 Mei 1910 gebore. Van 1939 tot 1950 was hy onderwyser in die N.G. sendingveld in Njassaland. Daarna is hy op Wellington as sendeling opgelei. Van 1954 tot 1959 het hy die sendinggemeente op Reitz bedien. Sedert 1961 was hy sendeling in Bulawayo. Hy was ‘n baie bekwame en toegewyde sendeling. Hy het drie Bantoetale geken, en sy werk in en om Bulawayo was baie doeltreffend, hoewel dit ‘n baie moeilike arbeidsveld is. Hy is op 9 April 1963 in Gwelo oorlede as gevolg van ‘n motorongeluk, in die ouderdom van 51 jaar. (Jaarboek 1964).