Badenhorst, Jan Hendrik

Ds JH Badenhorst

Gebore

6 Sept. 1887

OORLEDE

26 Okt. 1967

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1916

ORDEN

1918

standplase

1918 Rietfontein

1920 Petrusburg

1926 Dewetsdorp

1950 Org. Sendingsekretaris en Sendingarbeider onder Israel, O. V.S.

Emiriteer

1954

Dr. Jan Hendrik Badenhorst is op 6 September 1887 in die distrik Caledon gebore en in 1916 gelegitimeer. Sy eerste gemeente was Rietfontein (Winburg) wat kort tevore afgestig is. Daarna het hy die gemeente Petrusburg ses jaar lank bedien. In 1926 is hy na die gemeente Dewetsdorp, wat hy 24 jaar lank met groot vrug bedien het. In sy bedieningsjare het hy hom baie vir die opvoeding, die sending en die Afrikaanse taal beywer. In 1950 is hy tot Organiserende Sendingsekretaris en arbeider onder die Jode in die Vrystaat benoem. Nadat hy hierdie betrekking vier jaar lank beklee het, het hy in 1954 sy emeritaat aanvaar. Hy het as ʼn nederige, opregte en vrome man bekend gestaan. In menige opsig was sy lewe en arbeid tot groot seën vir baie. Hy is op 26 Oktober 1967 in die ouderdom van 80 jaar oorlede. (Jaarboek 1969).