Badenhorst, Gert Hendrik Prinsloo

Ds GHP Badenhorst

Gebore

14 Jan. 1906

OORLEDE

1 Sep. 1973

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1932

ORDEN

1933

standplase

1933 Rossville

1939 Jamestown

1946 Ventersburg

1959 Marquard

 1964 Petrus Steyn

 6 Feb. 1971 Kroonstad-Wes

EMERITEER

1973

Ds. Gert Hendrik Prinsloo Badenhorst was veral in die Vrystaat een van ons kerk se bekendste predikante toe hy begin Mei 1973 na ‘n geseënde dienstyd van veertig jaar sy emeritaat aanvaar het. Hy is 14 Januarie 1906 gebore en 1932 op Stellenbosch, tot die bediening toegelaat. Daarna doen hy ‘n groot werk in Rossville (1933); Jamestown (1939); Ventersburg (1946); Marquard (1959); Petrus Steyn (1964) en Kroonstad-Wes (1971); Hy dien in belangrike kerklike kommissies en verteenwoordig die Vrystaatse Kerk ook 23 jaar lank in die U.O.V.S.-Raad. Met sy kinderlike geloof en deur die egtheid en natuurlikheid van sy omgang met mense, sowel as deur sy kragtige prediking het hierdie pligsgetroue en toegewyde evangeliedienaar onvergeetlike indrukke nagelaat en ‘n groot invloed op baie lewens uitgeoefen. Sy dood op 1 September 1973 volg op ‘n ernstige hartaanval waarvoor hy enkele dae tevore in Welkom se hospitaal opgeneem is. (Jaarboek 1974/F1).

Mev GHP Badenhorst