Badenhorst, Frans Hendrik

 

Gebore

25 Jan. 1899

OORLEDE

12 Jun. 1937

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1912

ORDEN

1913

standplase

Melsetter

1919 Herbertsdale

1927 Calitzdorp

EMERITEEr

Ds. Frans Hendrik Badenhorst is op 24 Mei 1884 in die distrik Swellendam gebore. Na voltooiing van sy studie tot die evangelie-bediening aan die Seminarie op Stellenbosch is hy in 1912 gelegitimeer en die volgende jaar as herder en leraar van die gemeente Melsetter georden en bevestig. Na ‘n sesjaarse arbeid in Rhodesië het hy in 1919 ‘n beroep aangeneem na Herbertsdale, waar hy gestaan het tot 1927, toe hy na Calitzdorp gegaan het en daar onvermoeid en met toegewydheid werksaam was tot aan die dag van sy plotselinge afsterwe weens hartverlamming op 12 Junie 1937. (Jaarboek 1938).