
gebore
3 Maart 1880
oorlede
27 Maart 1913
universiteit
Stellenbosch
gelegitimeer
1904
orden
1905
standplaas
emeriteer
Oorlede in die amp
Ds. Adriaan Lodewyk (Lodewicus) Badenhorst was die eerste predikant van die NG Gemeente Dealesville in die Wes-Vrystaat. Hy is op 3 Maart 1880 gebore. Ná sy opleiding aan die Kweekskool is hy in 1904 georden en op 17 Junie 1905 in Dealesville bevestig, waar hy op 27 Maart 1913 oorlede is. Hy is een van twee predikante van die gemeente wat op die kerkterrein begrawe is; die ander is ds. J.A.R. du Toit wat in 1930 op die tennisbaan beswyk het.
Ds. A.L. Badenhorst se grafsteen op die perseel van die NG Gemeente Dealesville. (Foto: Morné van Rooyen)