Atkins, Gert

 

Gebore

19 Nov. 1930

OORLEDE

12 Nov. 1975

UNIVERSITEIT

 –

gelegitimeer

1970

ORDEN

standplase

Julie 1972 Worcester-Oos

1974 Riversdal

EMERITEER

Hy ontvang sy eerste skoolonderrig op sy geboorteplek, Lambertsbaai aan die Kaapse Weskus. Vroeg in sy lewe moet hy begin werk en sy matrieksertifikaat verwerf hy met private studie. Voordat hy hom aan die Teologiese Skool kan gaan bekwaam, gee hy onder andere ‘n tyd lank onderwys. Ook tydens sy teologiese opleiding moet hy in die nag werk om sy gesin te onderhou en sy studies te kan voortsit, totdat hy einde 1970 gelegitimeer word. In sy eerste gemeente, Worcester-Oos, waar hy Julie 1972 bevestig is, werk hy twee jaar, totdat hy na Riversdal vertrek, waar hy slegs sewentien maande arbei, voordat die Koning van die Kerk hom plotseling tot hoër diens oproep. Hy het ‘n groot liefde vir musiek gehad en sy pragtige blommerangskikkings sal onthou word. Menslik gesproke, was sy werkdag alte kort, maar sy arbeid in die wingerd van die Meester was nie tevergeefs nie. – (Jaarboek 1977/309)