Gebore
24 Okt. 1917
OORLEDE
1 Jun. 1986
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1967
ORDEN
–
standplase
14 Des 1967 Zuurbraak
1973 Tulbagh
EMERITEER
–
Adriaan MarthinusArendse het op 8 Des. 1985 na ʼn eervolle loopbaan van ‘n kwarteeu in die onderwys en 18 jaar in die bediening van die NG Sendingkerk, die tuig weens verswakte gesondheid neergelê. Op sy geboortedorp, De Aar in die Groot-Karoo, ontvang hy sy laerskoolopleiding. Daarna gaan hy verder op Worcester skool en in 1934 bekwaam hy hom daar aan die Siihnge-Opleidingskool van die Sendingkerk as onderwyser. Vir 6½ jaar staan hy op Petrusville in die onderwys en toe vir 18½ jaar aan die J J de Villiers-Laerskool op Robertson. Omdat hy reeds vroeg in sy lewe van die roeping tot die evangeliebediening bewusgeword het, verklaar hy hom nou bereid om met sy gesin na Wellington te verhuis waar die Teologiese Skool vir die Sendingkerk toe nog was. In sy studiejare word die inrigting na ‘n terrein langsaan die Universiteit van Wes-Kaapland in Bellville oorgeplaas en daar word hy in November 1967 tot die bediening toegelaat. Op 14 Desember die jaar daarna volg sy bevestiging met handoplegging as leraar van Zuurbraak, die eertydse Londense Sending-genootskapstasie aan die voet van die Langeberge tussen Swellendam en Heidelberg. In 1973 neem hy ‘n beroep na Tulbagh aan en daar bedien hy die Woord totdat hy sy emeritaat aanvaar. Gedurende sy rustyd van nog nie ses maande nie, woon hy op Brackenfell naby Bellville. Dadelik na sy aftrede raak hy verlam en hy sterf in die Karl Bremer-Hospitaal, Bellville, aan kanker. Een van sy sewe seuns is ds. Mark A W Arendse van die sendinggemeente Die Strand. Hulle was die eerste vader en seun uit die geledere van die Sendingkerk wat saam in die bediening gestaan het. Ds. F A Arendse was sy broer en ds. J P Koerkop was met sy suster getroud. – (Jaarboek 1987)