gebore
27 Nov. 1928
OORLEDE
8 Mrt. 1973
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1955
ORDEN
1956
standplase
1962 Citrusdal
1 Sep. 1967 Org. Sendingsekr., Kaapland
EMERITEER
–
Ds. Rudolf Gustav (Rudi) Andrag ontval ons Kerk – eweas sy onmiddellike voorganger in Kaapland se Sendingkantoor, wyle ds. J D Fuchs, wat juis by hom op Citrusdal oorlede is – heel onverwags en op betreklik jeugdige leeftyd. Op 27 November 1928 op Gouda in die distrik Tulbagh gebore, stam hy van vaders- sowel as moederskant uit Duitse sendingfamilies in ons land. Aanvanklik studeer hy in die ingenieurswese, maar daarna word die roeping tot die evangeliebediening so sterk dat hy sy kursusverander. Op Stellenbosch, waar hy ook voorsitter van die studenteraad was, word hy einde 1955 gelegitimeer. Daarna bedien hy die gemeentes Bredasdorp (1956) en Citrusdal (1962); totdat hy begin September 1967 Organiserende Sendingsekretaris van Kaapland word. Roepingsbewustheid en doelgerigtheid was die kenmerke van sy bediening. Toe hy kort na die middag van 8 Maart 1973 in ‘n Stellenbosse apteek beswyk, was dit op die middaguur van sy werksdag, maar met so ‘n brandende ywer het hy gearbei, dat daar getuig kon word dat hierdie geliefde en gewaardeerde jong dienskneg van die Here in der waarheid ‘n volle werksdag agter die rug gehad het. – (Jaarboek 1974/F1)